ân Baie lang brief aan my dogter is Marita van der Vyver, een van Afrikaans se mees geliefde skrywers, se ontroerende jeugmemoires. Dit is 'n speurtog deur die skrywer se beginjare, maar dit is ook ân liefdesbrief aan ân dogter en ân taal en ân land. En bowenal is dit ân ma se poging om sin te maak van hierdie onverskillige en wrede wêreld waarin sy haar nou begewe.