Inhoudsopgave:
Sandveldstories is ân keur uit Ferdinand Deist se gewilde kontreistories uit Pofadder en Peddelford, Die pomporrel-kônsert en Bom Appeltiet op Eselspoort wat onlangs op RSG voorgelees is. Die stories, geskryf in tipiese streekstaal, handel oor ân unieke wêreld en sy mense, sommige groots soos hul omgewing, of klein en dwaas soos mense ook maar is. Ferdinand Deist was ân gesoute storieman en fyn waarnemer. Sy verhale is humoristies en tydloos, sy karakters kleurryk, en sy vertelwyse is soos ân bontspul vygies wat in ân dorre landskap uitbars. Sandveldstories sluit 30 gewilde stories in. |