Inhoudsopgave:
CNA-prys (1978), Louis Luyt-prys (1979), WA Hofmeyr-prys (1979), Winifred Holtby-prys (1981).\nDie swerfjare van Poppie Nongena het by verskyning in November 1978 die gemoed van die hele land beroer. Binne vier maande is dit drie keer herdruk. Dit is verskeie kere bekroon en Elsa Joubert word ook ân Fellow van die Society. Sedertdien is die roman vertaal in Frans, Spaans, Duits, Nederlands en Italiaans. In 1985 het ân Amerikaanse uitgawe verskyn.\nHoë lof is van kritici ontvang. Audrey Blignault het die betekenis van die roman só saamgevat: 'n Aangrypende, onvergeetlike boek wat die sluier tussen die witmens en die swartmens in Suid-Afrika afruk.\" André P. Brink het dit in Rapport as die boek van die jaar in die Afrikaanse prosa uitgesonder: \"'n Visioen van menslike gevangenskap... Ontstemmend en indrukwekkend... Verpligte literatuur vir elke mens wat oor hierdie land wil saampraat.\" Oorsee het die gesaghebbende Sunday Times Literary Supplement ân entoesiastiese bespreking van die roman geplaas. En The Times se resensent skryf: \"(The novel) unfolds with the inexorable force of a Greek tragedy.\"\nAs voorhoogstuk was Poppie eweneens suksesvol. Dit is in sowel Afrikaans as Engels landwyd opgevoer. In New York is dit eers in ân eksperimentele teater aangebied; daarna het dit as Off Broadway-opvoering die Obi-toekenning verwerf vir die beste dramateks. Dit is gekies vir die Edinburgh-toneelfees, en later ook in Londen opgevoer, waar Thuli Dumakude as Poppie die gesogte Olivier-prys verower het. Vervolgens is dit opgevoer in Australië, Kanada en Chicago.\nDie skrywer self sê oor dié suksesverhaal: \"Die lewe van die werklike Poppie het my diep geraak, en my beklem. Hier was ân vrou, magteloos vasgevang in ân onmenslike sisteem, wat veg vir die bestaan van haar gesin. Deur die boek wou ek aan haar ân stem gee.\" |