Inhoudsopgave:
In 1837 het ân engel aan ân jong skaapwagter verskyn, en die weerklank van hierdie gebeurtenis in sy eie lewe en dié van ander mense oor ân tydperk van anderhalwe eeu is die onderwerp van hierdie roman. Die eerste verteller wat aan die woord kom, is ân man in die hede wat sy tuisdorp ná baie jare weer besoek, en veral meer wil uitvind oor Daniël Steenkamp (Danie Versies), die skaapwagter wat die engel gesien het en wat ân versameling eenvoudige, religieuse verse nagelaat het. Dan is daar die stemme uit die verlede wat verskillende perspektiewe op die gebeure bied: Dominee Heyns en later die onderwyser Jood wat albei van Daniël Steenkamp se verse publiseer; Daniël self, sy suster, en Heyns en Jood se weduwees. As iemand die verlede wil opteken, kan hy/sy slegs nog âkyk en luister, . . . maar om te verstaan, is nouliks meer moontlik. Die verlede is ân ander land.â Hierdie woorde uit die roman is een van die hooftemas van Schoeman se drieluik Stemme. |