Inhoudsopgave:
Een van Schoeman se bekendste en gewildste vroeë romans (1971). Hy beeld die wondbaarheid van mense in hul verhouding tot mekaar, asook hul wesenlike eensaamheid, met groot helderheid uit. Die fokus is op vier mense wat ân tyd lank saam op ân Griekse eiland bly: Die verteller Ruud gaan kuier by die jong Suid-Afrikaanse skilder Johan en sy vrou Hilde, en ân ruk later kom ân vriendin van Hilde ook daar aan. Hulle leef eenkant en geïsoleerd van die eilanders omdat hulle nie Grieks praat nie, en die emosionele wisselwerking wat tussen mens en mens ontstaan, verkry algaande ân verwikkeldheid wat uiteindelik móét uitrafel. Schoeman het aan hierdie roman die sensitiewe, indringende toonaard gegee wat hom ân Hertzogpryswenner gemaak het. |