Inhoudsopgave:
Die dertienjarige Fransie is verlam ná ân fratsongeluk, maar reeds terwyl hy in die hospitaal aansterk, hoor hy verblydende nuus oor ân nuweling op die dorp, ene Joe Speedboot, wat besig is om die dorpie se plattelandse verlamming te temper. Dié is ân seun met baie planne en ân wil van staal â soveel so dat hy spoedig die klein dorpie Lomark heeltemal op horings neem met midder-nagtelike ontploffings en tuisgeboude spioenasie-vliegtuie.Fransie en Joe word groot vriende en Joe help Fransie om vanuit sy rolstoel, en sonder dat hy kan praat, ân opwindende tienerlewe te hê. Dis byvoorbeeld Joe wat besef dat Fransie se oorontwikkelde rolstoelarm van hom ân bobaas armdrukker sal maak. Natuurlik is daar ook ân meisie, die Suid-Afrikaanse PJ, vir wie albei seuns liefraak . . .Joe Speedboot het in 2005 by De Bezige Bij verskyn en is in 2006 met die Ferdinand Bordewijk-prys vir prosa bekroon. Meer as 300 000 eksemplare is in Nederland verkoop en die roman is in verskeie tale vertaal. |