Inhoudsopgave:
Bestemmings bekoor met sprankelende, sexy stories. Ontmoet dié minsame karakters en swerf saam op hulle avontuurlike reise.Die smulpaapvakansie van ân leeftyd verander in ân nagmerrie toe Louise Tredoux snap dat sy nou waaragtig aan die verkeerde kant van veertig beland het. Want vir dié reis sou sy tog ân mansvriend verkies. Nie noodwendig ân bedmaat nie, sy sou tevrede wees met bloot ân tafelmaat. Maar op vyf en veertig lê sy stoksielalleen in ân hotelkamer in Avignon wat soos ân foto in ân glanstydskrif lyk. Sy stry teen ân verterende verlatenheid terwyl sy soos ân rolprentster op beroemde promenades wandel. Haar trane steek sy weg agter ân byderwetse sonbril.Elke mens het ân droomlandskap. Marlene sân was nog altyd die hoë Toskaanse lug, blouer en wyer as haar man se oë wat haar nie meer kan troos nie. Hulle bestemming is ân kothuis in Siëna waarheen hulle vir ân broodnodige gesinsvakansie vlug wanneer hul uitgekalwerde verhouding ernstige tekens van verval begin toon . . . Op haar sterfbed hunker Kathleen terug na haar jeug, na drie nagte van sensuele oorgawe vóórdat sy geskrik en voet in die wind geslaan het â terug na die veiligheid, verveligheid en voorspelbaarheid van haar huwelik met ân man van min woorde.As Michelle se bagasie nie op pad na Frankryk weggeraak het nie, sou haar romantiese vakansie in Parys dalk anders verloop het. Nee, dink sy terwyl sy Johan se oë oor haar rug, haar boude en bene voel streel. Gretig versnel sy haar pas om onder sy waarderende blik uit te kom. Sy kan nie haar bagasie blameer nie. Dis net een van daai dinge. |