Nederlands
nl
English
en
contact veelgestelde vragen
log in
VU
 
Reise van Isobelle
Hoofdkenmerken
Auteur: Elsa Joubert
Titel: Reise van Isobelle
Uitgever: NB Publishers
ISBN: 9780624053828
ISBN boekversie: 9780624053071
Editie: 1
Prijs: € 17,10
Verschijningsdatum: 01-07-2011
Inhoudelijke kenmerken
Categorie: General
Taal: Afrikaans
Imprint: Tafelberg
Technische kenmerken
Verschijningsvorm: E-book
 

Inhoudsopgave:

Die jare 1894 tot 1994 is vir die Afrikaner ’n tydperk van grootse maar veral pynlike gebeure. ’n Gewone Suid-Afrikaanse familie beleef in hierdie roman die Anglo-Boereoorlog, die Eerste Wêreldoorlog, die 1914-Rebellie, 1918 se tragiese Groot Griep en 1938 se besielende Voortrekkereeufees, die Tweede Wêreldoorlog se gruwels, die 1948-verkiesing wat tot apartheid se hoogbloei lei, en die tagtigerjare se opstande.  Belangwekkende historiese gebeure bly egter kil feite voor dit deur die individu deurleef word. Daarin lê die groot krag van hierdie meesterlike roman: Dit gebeur met mense – iedereen met sy persoonlike oortuiging en ideale – wat nie net op persoonlike vlak met andere bots nie maar ook vasgevang word in burgeroorloë en lotsbepalende besluite. Smutsmanne, apologete vir apartheid, liberale en oorlogshelde en bekende volksfigure soos die patriargale dominee en die oujongnooitante spreek tot die leser as onvergeetlike mense in eie reg. Wie en wat is die Afrikaner? En wat is verraad? Wie is “my mense”? Wanneer word die mens bloot vermink en wanneer is die stryd sinryk? Dit is die diepgaande vrae waaraan hierdie karakters dimensie verleen. As sodanig gooi die roman sy net so wyd dat dit ook aktuele werklikheid inhou vir meer as net die Afrikaner.
leveringsvoorwaarden privacy statement copyright disclaimer veelgestelde vragen contact
 
VUBOEKHANDEL.NL VU Boekhandel boekverkopers sinds 1967